Voorblad Index Byvoegings
(Additions)
Kontak
Informasie
   
Van der Spuy
STAMREGISTER
 
 
 
 

Aantal Besoekers
powered by website design company.

 

[ Voorwoord ]

 

[ Die Van der Spuy van ]


[ Die Van der Spuy wapen ]

 

[ Agtergrondskets van toestande aan die Kaap met die aankoms van stamvader Melt Van der Spuy ]

 

[ Melt se voorouers in Holland ]

 

[ Vroeëre Plaas Besit ]

 

[ Grafte ]

 

[ Argieffoto's ]

 

[ The Kalkfontein Van Der Spuys ]


Die Van der Spuy van

 

Wat betref Spui, dit is inderdaad die naam van ‘n straat in Amsterdam. Oorspronklik was dit water wat op die rivier, De Amstel, uitgekom het. Dit het egter net gedien om te spui, d.w.s. om water van die een kant na die ander te laat loop.

 

Die werkwoord “spuien” word vandag nog in Nederlands in hierdie betekenis gebruik. Gevolglik is daar tallose “spuis” in Nederland, nie net in Amsterdam nie.

 

Die gragte in Amsterdam is almal aan die Amstelrivier met sluise gekoppel. Met hoog- en laagwater word die sluise oop- en toegemaak om die vuil gragtewater te laat uit-‘spuyt’ of die skoon water te laat in-‘spuyt’. Die sluisoppasser het die naam, Van der Spuyt, gekry.

 

Spuy is ‘n sytak van die rivier, Amstel, wat uitvloei in die Rynrivier. Oorspronklik het die naam ontstaan van ‘n sekere persoon aan die wal van die Spuy.

 

Spuy is die benoeming van ‘n sluis wat ‘n kanaal reguleer uit Die Amstelrivier.